|
Showing 1 - 25 of
35 matches in All Departments
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …
Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n
Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die
herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is
baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Maar toe hy, sy vrou Aspirien en dogter Corenza daar aankom, rol
hoofman Allamapstix van die lag oor die dorpie wat Caesar kwansuis
verkoop het ...
Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer
Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help
om te wedywer nie en dit loop uit op 'n uitnodiging van
Allamapstix: Spoggerix kan 'n bredie wat gekrui is met lourierblare
uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en
Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome
verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle
met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met 'n
vinkelkrans te ruil?.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
In Kuifie en die Pikaro's word Bianca Castafiore en haar gevolg tydens haar toer deur Suid-Amerika in hegtenis geneem. Sy word aangekla daarvan dat sy die regering van generaal Tapioca omver wil werp. Luidens berigte is Kuifie, kaptein Sardijn en professor Sonneblom ook deel van die sameswering. Tapioca nooi hulle na Tapiocapolis om hulle kant van die saak te stel. Daar gekom, besef hulle dit is ’n set, maar generaal Alcazar en sy manskappe, die Pikaro’s, kom tot hulle redding, en Kuifie-hulle raak betrokke by Alcazar se rewolusie teen Tapioca.
|
Asterix in Belgie (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
|
R190
R140
Discovery Miles 1 400
Save R50 (26%)
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius
Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers
en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het
Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine
verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius
Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die
groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
|
Obelix & Kie (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
|
R190
R140
Discovery Miles 1 400
Save R50 (26%)
|
Ships in 4 - 8 working days
|
|
Asterix in Spanje (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
|
R190
R140
Discovery Miles 1 400
Save R50 (26%)
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Die dapper Iberiers hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos
Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se
seun gevange neem, staan die Galliers reg om te help. Asterix en
Obelix kry vir Pepe uit die kloue van die Romeine en moet hom
Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros
baklei en die nukke van die astrante Pepe trotseer ... Asterix in
Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy
koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou.
Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel.
Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat
hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets:
neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n
teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan
terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul? Asterix
en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?
Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is
amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal
ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning
het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp
(letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word
dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons
Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante
plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die
beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die
regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van
hulle soos hulle dink nie...
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en
te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam
die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek
wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te
trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses
verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek
van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die
Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n
bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle.
Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23
strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Die 7 kristalballe keer die Sanders-Hardmuth-ekspedisie na
Europa terug ná ’n lang reis deur Peru en Bolivia. Hulle bring die
mummie van Raskar Kapak saam met hulle terug. Professor Sonneblom
voorspel dat daar niks goeds van hierdie grafskending gaan kom nie.
Een na die ander verval die sewe wetenskaplikes wat aan die
ekspedisie deelgeneem het in ’n vreemde koma, en telkens word
kristalskerwe op die toneel gevind.
Brits en Britz se hulp word ingeroep om die saak te ondersoek.
Intussen word professor Sonneblom ontvoer en Kuifie, Spokie en
kaptein Sardijn vertrek na Suid-Amerika om hom te probeer opspoor.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is
een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn
en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale
vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae
tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf
en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die
24ste verhaal bly onvoltooi).
In Die geheimsinnige ster is ’n meteoriet op pad na die aarde toe.
Professor Hippolitus Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit
die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die
meteoriet die aarde mis en ’n fragment daarvan in die Poolsee land.
Saam met ’n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein
Sardijn op ’n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle
is egter nie die enigstes wat so ’n ontdekkingstog onderneem nie en gou
ontaard dit in ’n spannende resies om eerste daar te kom.
Professor Katalis het reeds ’n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en
daar is baie op die spel.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n
bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle.
Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23
strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad
se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die
berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se
teenstander, die bendeleier Bobby Smiles.
Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle
probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig
die Indiane in ’n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is.
Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in
die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n
keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die
Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die
beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief.
Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar
verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek
geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed,
die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog
dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix
is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van
Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix,
na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte
wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met
towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus
Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen
vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy
dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die
Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy
moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix
inspring om hul hoofman se nefie te red.
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met
groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en
plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman
Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen,
neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag
om Allamapstix uit te daag nie, maar die druide, Kasterolix, is
buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met ’n menhir. Nou kan
Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat hulle
onoorwinlik maak nie. Daar is ’n groot kans dat Disvimygrix die
groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal
neem...
|
You may like...
Merry Christmas
Mariah Carey, Walter Afanasieff, …
CD
R122
R114
Discovery Miles 1 140
|